Payday Treat


Dis warm buite, maar hier oppie stoep voor die nuwe tak van Kentucky wat gister oepgemaak het, is dit koel. Die tou is lank en beweeg stadig. Voor my is ‘n jong vrouentjie met ‘n vier jarige dogtertjie. Agter my innie tou is ‘n vrouentjie, haarse man en twee klonkies wat grootoog wag vir die pydy treat. Ons almal wag geduldig. Pydy kom net een maal ‘n maand en dan koep ons ietsie spesinjaal wat ons nie die res vannie maand kan bekostig nie.
Maar pydy se tou by Kentucky lok ander elemente nader. My Mervou vir wie ek innie huis werk, waarsku altyd: “Pas nou mooi op dat die skelms nie met jou geld wegloep nie.” Dan sê ek vir haar: “Nee wat, Mevrou, ek bêre my sjald waar die skelms nie kan bykom nie.”
Die tou bewieg en ek is amper by die ingang. Dis toe lat ek hom virrie eerste keer sien. Die jong met die vuil klere wat net aanie annerkant van Kentucky se ingang teen die muur aangeleun staan. Ek knyp my beursie stywer vas. Daar is net genog sjald in virrie klein boksie street wise. Die res is veilig in my onnerklere weggestiek.
Ek hou die jong dop. Hy kyk die mense innie tou so hongerig aan. Elke kort-kort verskuif hy van posisie, so asof hy eers die een been, dan die ander een wil rus gee. Die vrouentjie naaste aan hom het ‘n deftige rok aan en sy lyk of sy elke dag Kentucky kan bekostig. Skielik strompel die jong nader, waggel op sy voete en val oppie grond neer. Sieker flou vannie honger. Iemand gee sy plek innie tou op om te help, lig die jong se skouers van die grond af op en waai met ‘n koerant in sy gesig. Die vrou met die deftige rok staan nader. Sy haal ‘n appel uit ‘n sakkie en hou dit uit na die jong. ‘n Appel sal darem die ergste honger wegvat.
Maar wat dan nou? Skielik spring die jong op sy voete en kyk die deftige vrou verontwaardig aan:
“Nee, wag,” sê hy, “as ek ‘n appel wou gehet het sou ek voor Fruit en Veg gaan flou val het!”

One Comment

Thank you for visiting. Please call again.

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: